Raak Betrokke

“If you want to go fast, go alone. If you want to go far, go together”. African Proverb

Een van die belangrikste besluite wat deur die leierskap van die gemeente geneem is, is dat wat ons ook al aanpak ons dit in span verband gaan doen. T.E.A.M. = Together Everyone Achieves More! ’n Span oortref die individu by verre. Ons het tans 17 diensspanne van waaruit ons bedienings gedryf word. Die kerkraad bestaan uit twee verteenwoordigers uit elke span en is as ouderlinge en diakens bevestig. Hierdie kultuur van spanwerk is besig om oral in gemeente pos te vat. Ons besef dat spanne hierdie geweldige potensiaal het om iets besonders te skep. Met voortdurende strategiese toerusting en opleiding kan spanne beduidende doelwitte bereik wat jy nooit andersins sou gedink het moontlik is nie. Juis daarom bemoedig ons nuwe lidmate om betrokke te raak by enige diensspan in die gemeente.

Verder het ons ook verskeie selgroepe wat weekliks bymekaar kom, asook ondersteunings groepe en verskeie aksies waar mens kan inskakel.

Kontak gerus die kantoor om meer uit te vind oor die bogenoemde.

Ons sien uit om jou te ontvang.